Nineteen Eighty-Four
| |
---|---|
Skrywer | George Orwell |
Omslagontwerper | Michael Kennard |
Land | Verenigde Koninkryk |
Taal | Engels |
Genre | Dystopiese, politieke fiksie, sosiale wetenskapfiksie |
Uitgewer | Secker & Warburg |
Uitgegee | 8 Junie 1949 |
Medium | Druk (Gebind en sagteband) |
Bladsye | 328 |
Nineteen Eighty-Four (Negentien-vier-en-tagtig – 1984) is 'n distopiese roman deur die Britse skrywer George Orwell, grootliks geskryf in 1948 en gepubliseer in 1949. In hierdie boek bied Orwell sy visie op die Westerse wêreld in 1984, waarin die enkeling in 'n heeltemal hopelose stryd teen 'n totalitêre regime ondergaan. Dit is 'n waarskuwing teen totalitêre regimes, soos Nazi-Duitsland wat toe pas verslaan is en Josef Stalin se Sowjetunie.